News

Vandale of kattekwaad?

Vandale of kattekwaad?

Toiletpapier wat waarskynlik deur die nag of in die vroeë oggendure waar jy kyk in die bome op die skoolterrein van die Hoërskool Parys gedrapeer is, is waarskynlik die handewerk van vandale gewees.

Dit het egter baie dadelik laat wonder of dit n “40 days” viering was of laat glimlag met die gedagte of dit dalk onskuldige kattekwaad was.

Die toiletpapier is vanoggend voor die skool, by die houtwerkklas en by die krieketnette aan die bome sien hang. Van die asblikke op die skoolterrein is ook omgekeer.

Volgens die skoolhoof, mnr. Lucien van Zyl, weet hulle nie op hierdie stadium wie hiervoor verantwoordelik was nie. Hy is in die oggendure deur Parys Sekuriteit in kennis gestel van die kragonderbreking wat groot dele van die dorp geraak het. En vanoggend was dit die prentjie wat die personeel en leerlinge begroet het.

Enigeen wat inligting het oor wie hiervoor verantwoordelik was, word gevra om die skool te skakel by tel. (056) 811 3472.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button