NewsNews

Amerikaner gaande oor Potch

'n Amerikaanse 'blogger' wat in Johannesburg woon, het onlangs op haar blog, 2Summers Potchefstroom se lof besing.

‘n Amerikaanse ‘blogger’ wat in Johannesburg woon, het onlangs op haar blog, 2Summers Potchefstroom se lof besing.

Heather Mason wat die blog skryf vertel dat sy al nege jaar slegs 90 minute van Potchefstroom af woon maar eers onlangs die dorp besoek het.

“Ek het nie verwag om daarvan te hou nie. Behalwe vir die eikelaan het ek nog nie veel van die dorp gehoor nie. Dit is ook nie ‘n plek wat jy sommer per toeval vind nie. Dit is nie juis op die pad na êrens heen nie,” skryf Mason.

Mason het teen haar eie verwagting baie van Potchefstroom gehou, alhoewel sy erken dat sy sukkel om Potchefstroom uit te spreek.

“Gelukkig praat meeste mense eenvoudig net van Potch” sê sy.

Volgens haar het sy dit in Potch geniet omdat dit haar aan die Universiteitsdorpe in Amerika herinner het.

“Meeste van Suid-Afrika se universiteite is in groot stede geleë. Dit vat weg van die universiteitsdorp gevoel wat so algemeen in Amerika is,” sê sy.

Behalwe vir die vriendelikheid van die inwoners is Mason ook gaande oor die kwaliteit van koffie wat oral in Potch beskikbaar is.

Op haar Blog lys sy vyf dinge om te doen wanneer mense in Potch kom kuier.

“Dankie Potch, hoop om julle gou weer te sien,” sluit sy af.

Related Articles

Back to top button