NewsNews

BLF glo uit as politieke party

Die deregistrasie van die BLF as politieke party is ‘n reuse oorwinning vir die ganse Suid-Afrika, omdat die rassehaat en onverdraagsaamheid wat deur Mngxitama en sy trawante aangevoer en voorgestaan word, nie geduld mag word nie.

Die VF Plus sê in ‘n mediaverklaring dat dié party ‘n appèlaansoek teen die registrasie van die Black First Land First (BLF) as politieke party by die Verkiesingskommissie (OVK) gewen het.

“Die kommissie het beslis dat die BLF inderdaad lidmaatskap aan dié party op grond van ras uitsluit en die BLF is gederegistreer as politieke party,” lui die verklaring

Volgens die mediaverklaring mag die OVK nie ‘n politieke party registreer wat lidmaatskap op grond van ras, kleur of etnisiteit uitsluit nie. Die BLF se grondwet bepaal dat slegs swartmense lede van dié party mag wees.

Die OVK het aanvanklik voet by stuk gehou en beweer dat die registrasie van die BLF nie teen die bepalings van die wet is nie, omdat artikel 4 van dié party se grondwet eerder na ‘n bepaalde ideologie as ‘n spesifieke ras verwys.

Rapport het destyds berig dat Andile Mngxitama, leier van die BLF wat van Potchefstroom af kom, selg erken het dat wit mense nie by die party mag aansluit nie.

“Die Kommissie kon dus nie anders as om in die guns van die VF Plus te bevind nie en moes gevolglik die BLF as politieke party deregistreer. Die deregistrasie van die BLF as politieke party is ‘n reuse oorwinning vir die ganse Suid-Afrika, omdat die rassehaat en onverdraagsaamheid wat deur Mngxitama en sy trawante aangevoer en voorgestaan word, nie geduld mag word nie.” het die Vryheidsfron in hul verklaring gesê.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button