NewsNews

So moet jy maak as jy tydelike werkers in diens neem

Dit is altyd goed om verwysings te vra wat jy kan skakel alvorens jy iemand in diens neem.

Maak goed seker jy het ’n afskrif van die identiteitsdokument van ’n tydelike werker wanneer jy byvoorbeeld iemand van die straat af in diens sou neem om vir jou tuinwerk, bouwerk of ander los nutstakies te verrig.
Die waarskuwing kom nadat dit onder die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) se aandag gekom het dat daar heelwat gevalle in Parys gerapporteer word waar goedere gesteel is of daar inbrake was, waar mense tydelike werkers vir ’n dag of kort periodes in diens geneem het.
Dit is belangrik dat jy alvorens jy iemand in diens neem, selfs al is dit net vir ’n dag, jy ’n afskrif van die persoon se ID-kaart of ID-dokument sal maak en/of minstens ’n foto van die persoon neem, sê die GPF voorsitter, Annemarie du Toit.
Dit maak die polisie se taak aansienlik makliker sou dit nodig wees om die werker op te spoor.
Werd om te onthou:
* Moenie werknemers sommer goedsmoeds volle toegang tot jou huis gee soos deur afstandbeheer-toestelle vir die hek of sleutels vir jou huis nie.
* Hou waardevolle items soos juwele buite sig en weggesluit. Dieselfde geld vir duur kraggereedskap en ander gereedskap wat moontlik net in jou erf rondlê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button