News

Hier praat ons kuns, wyn en adrenallien-avontuur

Hier praat ons kuns, wyn en adrenallien-avontuur

Nege sangers, ’n wynproe, verskeie uitstallers met alles wat nuut en anders is as hy mal is oor die buitelewe, en hope modderige adrenalien-avontuur is vanjaar deel van die All Things Adventure Ekspo. Dié ekspo word gehou op Saterdag24 Augustus by Stonehenge langs die Vaalrivier.
Musiek begin al vroegmiddag. Ray Dylan is die hoofkunstenaar. Ander kunstenaars sluit in Heidi, Frieda, Juani M, Loggie, Elzé, Riek van Finn, Marne Prinsloo en Truter.
Daar’s ’n wyn- en kunsuitstalling, ’n bergfietswedren, die Badger-hinderniswedren en ’n reuse kinderspeelpark.
Dan is daar die vaardigheidskompetisie vir avontuur-motorfietse, die 4×4-baan, witwaterroei, ‘n vlieghengel-demonstrasie, die Kids Warrior Race en nog baie meer
Maak seker jou dagboek is oop vir 24 Augustus en kom kuier saam die heel dag met lekker musiek, watertand kosstalletjies, ’n verskeidenheid van uitstallers en baie om te sien en te beleef op die terrein.
All Things Adventure Expo is ’n geleentheid vir uitstallers om mense wat lief is vir avontuur en die buitelewe, te bereik.
Aktiwiteite op die 4×4 baan is beslis nie net vir ervare of professionele deelnemers nie. Inteendeel, dit skep juis geleentheid vir enigiemand om in te skryf.
Handelaars van bekende motorvoertuie en buitelewe-toerusting is ook deel van die dag.
Skakel Antoinette Badenhorst by (018) 293 0750 vir uitstalruimte of stuur ’n e-pos na Antoinette.Badenhorst@mooivaalmedia.co.za.
Skakel Tertius oor die avontuur-motorfietskompetisie by 082 575 3441 en Klippies oor die 4×4 baan by 084 653 0211.
Die bergfiets-wedren (die ATA MTB Challenge) bestaan uit’n 10km vir kinders en ’n 30- en 60km wedren vir volwassenes. Aanlyn-inskrywings by www.cycleevents.co.za tpt 21 Augustus.
Die hoofborg van die All Things Adventure is RSA Search wat al die besprekings vir verblyf behartig. Gaan na www.rsasearch.co.za – die beste aanlyn besprekingsplatform in SA”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button