NewsNews

Net ‘n bietjie liefde vir dié klein lyfies

Wil jy nie help nie?

Hierdie klein lyfies is al vir ‘n tyd lank deel van die Parys DBV. Klein lyfies wat nie gevra het om daar te wees nie, maar wat baie dringend soek na ‘n huis van hul eie.

Net ‘n bietjie liefde wat in dubbelmaat beloon sal word met ‘n stertswaai en die trouheid van ‘n dierevriend.

Die Jack Russeltjies was Vrydag al 6 weke oud. Twee van hulle tefies en vier reuntjies. Maar daar is ook nog ‘n Jack Russel reuntjie en ‘n worshond reuntjie. Dalk is dit die hondjie vir jou!

By die DBV is hulle omvou met baie liefde. Elke aand word die bedjies gemaak en die jassies aangetrek om hulle te beskerm teen die bittere winterkoue.

Maar dalk kan jy sorg dat hierdie hondjies selfs nog meer kan kry. ‘n Gesin of individu wat hulle sal liefhê.

As jy kan help skakel die Parys DBV by tel. (056) 811 3671 gedurende kantoorure.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button