Sponsored

Ontmoet Juf. Marli Kruger van Hoërskool Parys

Baie dankie Juf. Marli Kruger vir u passie vir onderwys en vir die toegewydheid waarmee u sorg dat ons kinders in Parys top akademiese onderrig ontvang. Ons waardeer dit. HOëRSKOOL PARYS OPEDAG – 25 JULIE 2019

  1. Waar kom jy oorspronklik vandaan?

            Ek is in Kroonstad gebore, maar ek het in die Noord-Kaap, Vrystaat en Oos-           Rand gebly en het aan Hoër Meisieskool Hugenote gematrikuleer.

  1. Waar het jy jou studies voltooi en wat het jy studeer?

Ek het aan die PU vir CHO studeer en het ‘n B.Mus (Ed) graad asook ‘n      Honneursgraad in musiek. Ek het ook Engels as ‘n hoofvak geneem.

  1. Wanneer het jy begin by Hoërskool Parys en watter vak bied jy aan?

            Ek het in 1990 begin as musiekonderwyser, maar het intussen oorgeskakel            na Engels. Ek bied deesdae English Home Language en English First    Additional Language aan vir die senior klasse.

  1. Hoekom het jy besluit om onderwyser te word?

            Ek het van jongs af speel-speel skoolgehou en het in ‘n familie grootgeword          wat propvol onderwysers is. Ek is lief vir kinders en hou veral baie van tieners.

  1. Hoekom die spesifieke vak?

            Ek het aanvanklik musiek en sang gegee en was baie spyt toe skoolmusiek           deur die destydse onderwysdepartement gestaak is. Ek is egter steeds           betrokke by koor- en sangafrigting wat vir my ‘n groot liefde is. Engels is seker        die heel belangrikste vak wat ‘n kind in Suid-Afrika kan neem, aangesien dit        deure oopmaak tot alle beroepsmoontlikhede. Verder is die letterkunde ‘n            besondere voorliefde omdat dit vir kinders soveel lewensvaardighede leer.

  1. Wat geniet jy die meeste van onderwyser-wees?

            Ek geniet dit om die mens agter die tiener te leer ken en te sien hoe hulle    ontluik tot pragtige jongmense. Dis kosbaar om ‘n rol daarin te speel.

  1. Hoe sal jy jou onderrigstyl in drie woorde beskryf?

Taakgerig, funksioneel en humoristies.

  1. Wat maak Hoërskool Parys anders?

            Elke kind maak saak. Regtig.

  1. Wat wil jy hê leerlinge moet wegvat nadat hulle ‘n jaar by jou in die klas deurgebring het?

            Ek sal die gelukkigste mens op aarde wees as elke kind kan sê dat hy geleer        het om vir homself te dink en dat dit belangriker is om te verstaan as om iets     soos ‘n papegaai te ken.

            Baie dankie Juf. Marli Kruger vir u passie vir onderwys en vir die toegewydheid waarmee u sorg dat ons kinders in Parys top akademiese onderrig ontvang.  Ons waardeer dit.

HOëRSKOOL PARYS OPEDAG – 25 JULIE 2019

Related Articles

Back to top button