News

Motoriste moet steeds versigtig wees op N12

Die brandweer het gister, 10 Julie brandende bande van die snelweg verwyder, maar motoriste moet steeds versigtig wees as hulle dié pad moet ry.

Die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom naby Ikageng was weens betoging in albei rigtings vir ‘n kort rukkie gesluit op Woensdag 10 Julie.

Kapt. Sam Tselanyane, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat betogers in die area met protesaksie besig was.

Verkeer het stadig gevloei maar betogers het na ander dele van Ikageng en die nywerheidsgebied beweeg.

Die brandweer het die brandende bande van die snelweg verwyder, maar motoriste is toe gewaarku om steeds versigtig te wees as hulle dié pad moet ry.

Betogers het skaars ‘n maand terug die pad versper weens ongelukkigheid oor erwe. Intussen het die burgemeester met die inwoners vergader. Die afgelope naweek het honderde mense sinkhuise begin oprig. Die munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê dat die huisies wat mense opgerig is onwettig is en dat die munisipaliteit diegene wat onwettige huise opgerig het waarsku om dit te verwyder.

Lees meer oor die oprigting van die onwettige huisies in die week se Herald.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button