NewsNews

Vrou ry voetganger op N12 dood

Vrou ry voetganger op N12 dood

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n vrou ‘n voetganger Sondagaand (7 Julie) op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp doodgery het.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie Sondagaand omstreeks 18:45 ‘n oproep gekry oor ‘n ongeluk wat op die N12 langs Ikageng gebeur het.

“‘n Vrou het met haar Ford Ranger in Klerksdorp se rigting gery toe sy skielik ‘n voetganger in die middel van die pad sien,” sê Chaka. Die vrou het vir die polisie gesê dat sy nie betyds kon stilhou nie. Sy het die voetganger van agter af getref.

Paramedici het die voetganger op die toneel dood verklaar.

Chaka vra dat motoriste versigtig sal wees wanneer hulle tussen Potchefstroom en Klerksdorp reis, aangesien dié deel van die N12 gereeld ongelukke en sterftes sien.

“Omdat daar verskeie ingange na Ikageng langs die pad is, loop baie mense hier oor die snelweg. Voetgangers moet altyd seker maak dat dit veilig is voor hulle die pad oorsteek,” waarsku Chaka.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button