VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk het vanoggend, Dinsdag 9 Julie net na 07:00 op die brug by Rafterz op die Ravel pad (Stokkiesdraai) plaasgevind.
Twee kinders en ‘n vrou is lig beseer toe twee van drie voertuie agtermekaar ingery het. ‘n Mercedes SUV, ‘n Volkswagen Polo stasiewa en ‘n Ford Figo was in die ongeluk betrokke. Netcare 911 was vinnig op die toneel gevolg deur ER24 wat vier pasiënte op die toneel gevind het.
Twee kinders en ‘n vrou is deur haar man na die Vaalpark hospitaal geneem vir behandeling. Die ander insittendes was ongedeerd.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



