Hoewel Eskom se nasionale kragnetwerk vandag, Dinsdag 9 Julie onder druk was, is maatreëls blitsig in plek gestel wat die kanse vir beurtkrag bitter skraal maak.
Trouens Eskom het reeds sy noodstelsels aan die werk juis om die kans van beurtkrag te verminder.
En danksy die vernuftige voetwerk van Eskom was die gebruiklike beurtkrag waarskuwings ook nie nodig nie.
Intussen lewer 4 van Medupi kragstasie se 6 eenhede ook nou reeds aktief krag wat 7% van krag bydra tot die nasionale newerk.
Steenkoolkragsentrales wat van lyn af was, het ook Dinsdag weer begin krag lewer.
Bron: Netwerk24