Entertainment

All Things Adventures op 24 Augustus

‘n Naweek vol avontuur, sang en talle uitstallers

‘n Naweek vol avontuur, sang en talle uitstallers maak vanjaar deel uit van All Things Adventure op 24 Augustus.

Die organiseerders is druk besig om voor te berei vir aktiwiteite soos ‘n avontuur motorfietskompetisie, ‘n bedrywige 4×4-baan, ‘n bergfietsren, witwaterroei, vlieghengel-demonstrasie en nog talle ander.

Ray Dylan tree die aand op as hoof musiekkunstenaar, maar ‘n hele string ander musiekkunstenaars tree reeds van vroeg die middag af op.

Die bergfiets-ren, ‘n nuwigheid by All Things Adventure, beloof om talle deelnemers te lok en behalwe die bekende Kids Warrior Race, is daar vanjaar ook die Badger Race vir volwassenes.  Dit begin en eindig, soos met die bergfiets-ren, by die All Things Adventure-terrein.

Vir watersport-geesdriftiges is daar weer geleentheid om onder toesig in die lekker stroomversnellings van die Vaalrivier te gaan roei.

All Things Adventure bied geleentheid vir uitstallers om mense te bereik wat lief is vir avontuur en die buitelewe.

Aktiwiteite op die 4×4 baan, avontuur-motorfietsbaan, die bergfiets-ren en die Badger hindernis- en veldren is beslis nie net vir ervare of professionele deelnemers nie. Inteendeel, dit skep juis geleentheid vir enigiemand om in te skryf.

Talle uitstallers het reeds bespreek. Behalwe kos- en stalletjies vir handgemaakte ware is handelaars van bekende motorvoertuie en buitelewe-toerusting deel van die dag.

Dit is die perfekte geleentheid vir handelaars om nuwe en bestaande produkte in avontuur en buitelewe bekend te stel.

Skakel Antoinette Badenhorst bedags by 018 293 0750 vir uitstalruimte of epos haar na Antoinette. Badenhorst@mooivaalmedia.co.za

Skakel Tertius vir navrae of om te kom deelneem aan die avontuur-motorfietskompetisie by 082 575 3441 en vir inligting of te kom deelneem by die 4×4 baan vir Klippies by 084 653 0211.

 All Things Adventure vind op 24 Augustus by Stonehenge langs die Vaalrivier plaas. Dit is slegs ‘n hanetree vanaf Parys.

Related Articles

Back to top button