Entertainment

Hou jou inkopiesak reg vir dié laatnag kuier

Hou jou inkopiesak reg vir dié laatnag kuier

Verbeel jou – ’n aandmark in Parys!
’n Tikkie Paris in Parys! ’n Helderverligte hoofstraat en liggies in winkelvensters wat jou naderwink.
Hou jou inkopiesak reg, trek jou tekkies aan en stap saam deur Parys se hoofstraat die naweek van 9 en 10 Augustus wanneer Parys se sakevroue en sakelui van die dorp saamspan om Vrouedag behoorlik te vier!Op die koop toe is selfs die Grafsteensangers op 10 Augustus by die Parys Golf & Country Estate.
Die gedagte van ’n aandmark in Parys het al vroeër vanjaar tydens die Nasionale Senior Dames Gholfkampioenskappe wat hier gehou is, gewys hoe lekker daar gekoop en gekuier kan word as die winkeldeure laataand oop is.
As jy dit misgeloop het, kom kuier saam dié keer.
Die inisiatief van die vroue wat hulself “We do deals on heels noem” is net ’n voorsmakie van wat jy te wagte kan wees in 2020.
Dit is wanneer Parys sy eerste dorpsfees sal hou waarby die hele gemeenskap betrek sal word vir ’n kuierfees soos min.
Dié dorpsfees vervang die Dome fees wat vir jare deel was van die dorp.
Met Parys se jaarprogram wat reeds volgeboek is, is besluit dat 2020 die feesjaar sal wees. Of dit ‘n kunstenaarsoptrede, vriendskaplike rugby- of rolbalkragmeting, kunsuitstalling, wynproe, Koepel-kaskenades, sjef-a-la-cousine, safari-ete, deurnagkuier of watter kreatiewe geleentheid ook al is – jy’s beslis genooi.
Elke besigheid, instansie, klub of skool in die dorp kan sy eie unieke feesgeleentheid reël en bemark, met die Parys Ontwikkelingsforum wat die oorkoepelende koördinering sal doen, in ruil ‘n gedeelte van die opbrengs van elke feesgeleentheid.
Vir navrae oor We do deals on heels se feesnaweek, skakel Berti by 072 837 5434,
Vir meer navrae of om betrokke te raak by die dorpsfees, skakel die Parys Info-kantoor by (056) 811 4000, of kom ontmoet die geesdriftige feeskomitee wanneer daar weer saamgepraat word oor wat beplan word vir die 2020 fees.
Die feeskomiteelede is Carla Coetzer, Deon Terblanche, Gary Westwood, Jacques Visagie, Lisa de Speville, Louise Kenny, Marieta van der Merwe, Marius Pieters, Renee Hartslief, Stephen le Roux, Warrin Floris, Werda Visser en Keakabetse Ramokonopi.

Related Articles

Back to top button