![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2019/06/IMG-20190604-WA0022.jpg)
Diereliefhebbers by die Villa Riviera aftreeoord in Parys is ontsteld nadat daar sedert Vrydag 28 Junie drie katte vergiftig is.
‘n Inwoner wat anoniem wil bly, sê dat hulle ‘n vermoede het wie die skuldige is.
Die voorvalle is by die plaaslike DBV gerapporteer en is inwoners wat meer inligting het oor die voorvalle gevra om die SAPD of die DBV te skakel sodat die skuldiges tot verantwoording gebring kan word vir dié wreedheid.