NewsNews

LAPA-Uitgewers se nuwe Junie-boeke

LAPA-Uitgewers se nuwe Junie-boeke

LAPA-Uitgewers se mandjie boeke wat in Junie die lig gesien het, is soos altyd propvol pret, ontspanning, spanning, humor en erns, met iets vir elke leser se smaak. Neem gerus deel aan Vaalweekblad se weeklikse blokkiesraaisels en staan ‘n kans om van dié boeke as pryse te wen.

Lapa skop af drie met uitsonderlike romans wat elkeen die wenkbroue sal lig, maar soos altyd is daar genoeg vir die jongspan en ook vir diegene wat hulself wil verloor in ’n tradisionele romanse. As jy ’n Engelse vriendin het wat goed wil lyk sonder haar klere, moenie verder kyk as die nuwe kookboek, Nude, nie!
Fiksie | Fiction
Juniemaand se aanbod is ’n angswekkende spanningsroman, ’n baie ontradisionele romanse en ’n keiharde jeugroman oor ’n seun wat altyd moet weghardloop van die gereg, totdat hy leer om vir ’n doel te hardloop.

Fiction for June comprises a disturbing thriller, an oddball, quirky romance, and a young-adult novel about a boy who has to learn to stop running away, rather towards a goal.

 

Doodsengel
Madelein Rust
Spanningsroman
9780799395129
R315,00
Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, weg van die molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand, behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie; en niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie.
Sy sal nooit weer in ’n sel sit nie, al kos dit wát.
Sy veg om ’n fasade van normaliteit te behou, help haar kliënte en bied Sondagskoolklasse aan vir ’n groep elfjarige weeskinders wat net so seergekry het,. Dit alles gebeur terwyl sy haar blinde ma ondersteun en die sielkundige nagevolge van verkragting en moord probeer verwerk.
Is daar onheil by die kinderhuis? Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets ergers aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om die moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer?
Doodsengel is Rust se sesde roman en het ’n splinternuwe hoofkarakter. Dit is dus nie deel van haar reeks met doktor Renata Malan as hoofkarakter nie.
Wees gewaarsku: Dit is nie ’n verhaal vir sensitiewe lesers nie; van die tonele is erg ontstellend.
Sypaadjie
Alma Rossouw
Algemene fiksie
Druknaam: Wenkbrou
9780799395150
R190,00
“Drawwers is die go-getters, eintlik dink ek net hulle hardloop weg van iets. Elke oggend staan hulle op en gaan draf op die donnerse selfde sypaadjie. Die dansers, soos jy, dans deur die lewe. Hulle is met min tevrede en dan dans hulle daaroor. Die drinkers sit agteroor en lag vir die drawwers en dansers.”
“Met ander woorde, sit die drinkers op die kantlyn?”
“Nee, die drinkers sit in die middel van die pad en wag vir die drawwers en dansers om te besef dat almal eendag doodgaan.”
***
Leah het haar lus vir die lewe verloor. Sy is jonk, suksesvol en hardkoppig. Sy verlaat Johannesburg om een van die haar besigheid se takke in Kaapstad reg te ruk.
Daar ontmoet sy weer vir Hannah, wat ’n bietjie meer as net ’n vriendin was tydens haar universiteitsdae.
Gaan sy, Hannah, ’n veilige sypaadjie wees, of ’n glibberige, maar opwindende afdraaipad?
Sypaadjie is ’n romantiese drama met ’n interessante kinkel. Die storie word vertel uit ’n tipiese millenniër se oogpunt, daar is baie vrae oor die liefde, romanse en seksuele oriëntasie. Soms is die karakters effens konserwatief en naïef, maar nooit vervelig nie. Leah worstel met vrae waarmee baie jong meisies deesdae sukkel, veral Afrikaanssprekende, Suid-Afrikaanse meisies. Hoe vind ek ’n balans tussen liefde en my loopbaan? Is dit nog die moeite werd om jou hart op die spel te plaas? Die storie herinner aan Annie on my mind deur Nancy Garden en South of Sunshine deur Dana Elmendorf.
Sypaadjie is die tweede boek wat onder die druknaam Wenkbrou verskyn.
Spoekie
Jason Reynolds
Vertaler: André Trantraal
Jeugfiksie
Ouderdom: 13+
9780799389241
R180,00
Hardloop. Dis al wat Spoekie ken. Van die aand dat Spoekie se pa hom en sy ma met ’n geweer in die straat afgejaag het, hardloop hy vir al die verkeerde redes. Vasgevang in ’n omgewing vol geweld en misdaad, sien Spoekie geen uitkomkans nie. Al wat hy doen, is moeilikheid maak – en dan hardloop hy daarvan weg. Tot die dag wat hy vir Coach ontmoet – Coach wat al Olimpiese medaljes gewen het en die natuurlike talent in Spoekie dadelik raaksien. Spoekie kan die beste atleet in die stad word. Maar gaan sy verlede hom inhaal, of gaan hy uiteindelik leer jy kan nie vir jouself weghardloop nie?
Hierdie boek deur die veelbekroonde Jason Reynolds is meesterlik deur André Trantraal in Kaapse Afrikaans vertaal.
Jason Reynolds is op die oomblik een van die bekendste jeugboekskrywers ter wêreld. Hy woon in Brooklyn, New York, en sê baie van sy werk is daarop gemik om seuns aan te moedig om meer te lees.
André Trantraal is ’n skrywer, illustreerder en vertaler. Hy is die skrywer van die strokiesprentboeke Stormkaap en Coloureds. Sy strokiesprentwerk, geskryf in sowel Kaaps as Engels, het al in Beeld, Die Burger, Rapport, Cape Argus en Cape Times verskyn, en is ook in Hamburg, Amsterdam en Kaapstad uitgestal. André se Engelse vertalings van die Kaapse gedigte van sy broer Nathan Trantraal het in ’n uitgawe van die New England Journal verskyn. Hy en sy broer werk gereeld saam en is pioniers in die bevordering van Kaapse Afrikaans.

 

Niefiksie | Non-fiction
Nude: A banting and keto cookbook
Armand Aucamp
Recipe book
9780799393491
R295,00
Professor Tim Noakes says of Nude, “Unquestionably one of the very best low-carb recipe books available anywhere in the world.”
Nude is a banting and keto adventure. Tim Noakes has revolutionised the way South Africans eat. Banting has become a household term. The even more intense version of banting is becoming the latest buzzword: keto is short for ketogenic.
Nude is the stunning addition to the range of ever growing low-carb recipe books. Not only is it packed with mouth-watering low-carb recipes, it also contains specific ketogenic recipes.
The author is Armand Aucamp, one of South Africa’s best known actors and TV presenters. Armand is considered one of the country’s most attractive men, with a body to die for. His secret? He cooks for himself and he follows the banting and ketogenic lifestyle; eating nude, stripped-down food. Apart from acting, cooking has become one of Armand’s great passions.
Nude comprises 50 original recipes, from meat-based dishes and breakfasts to snacks, drinks and treats. Armand has tested and tasted each recipe himself.
The book is easy to use with step-by-step instructions and stunning photographs.
***
Nude is ’n vertaling van Armand Aucamp se blitsverkoper Armand kook kaal. Dit is die ideale geskenk vir jou Engelse vriende. Elkeen van hierdie 50 oorspronklike resepte, van onthaalkos, vleisgeregte en ontbyt tot vinnige happies, drankies en lekkernye, het Armand self gemaak en geproe tot hulle lekker genoeg was om in die boek te sit.
Vir die jonger lesers | For the younger readers

 

Vakansiepret 3: Die kolwyntjiekompetisie
Theresa van Baalen
Illustrasies: Zinelda McDonald
Kinderfiksie
Ouderdom: 7+
Bladsye: 56
9780799394016
R125,00
Jana en Alisha sien mekaar net wanneer hulle gesinne vakansie hou op Duinebaai. Hierdie vakansie beloof om báie opwindend te wees.
Alisha kry ’n pamflet wat ’n kolwyntjiekompetisie aankondig. Dit maak almal opgewonde – selfs vir Jana se jonger boetie, Tiaan.
Jana en Alisha oefen sommer reeds voor die kompetisie hoe om kolwyntjies te bak. By die kompetisie verloop dinge nie so glad nie. ’n Kat, gejaag deur ’n hond, storm by die kompetisie in. Voor enige iemand kan keer, is die deelnemers se kolwyntjies op die vloer. Gelukkig kan Jana en Alisha die kompetisie red!
Skielik lyk dit of vandag die beste dag óóit gaan word!
Hier is ’n lekkerleesreeks vir meisies, met ’n sterk fokus op humor, vriendskap, vakansiepret en avontuur.

 

 

Vakansiepret 4: Sand, see en dolfyne
Theresa van Baalen
Illustrasies: Zinelda McDonald
Kinderfiksie
Ouderdom: 7+
Bladsye: 56
9780799394030
R125,00
Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai – ’n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die swembad. Jana, haar ma en Alisha besluit om eerder roomys te gaan eet en daarna in die see te swem. Asof in ’n droom, swem en speel dolfyne saam met hulle. Dit is beslis die beste dag óóit!

 
Wilde Wikus
Jaco Jacobs
Illustrasies: Alex van Houwelingen
Kinderfiksie
Ouderdom: 7+
Bladsye: 48
9780799394900
R125,00
Het daar ’n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand ’n hele weermag ninjarobotte losgelaat? Waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie?
Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninjarobotte. Rico het ’n nuwe beste maat; iemand wat baie opwindender as Wikus is.
Wikus besluit om ’n plan te maak.
Wilde Wikus is ’n humoristiese, toeganklike boek geskik vir beginner- en intermediêre lesers.
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetel-luislang.
Selfs die luislang dink Wikus is nogal wild.

 
Die In-Opleiding-reeks: Ruimtevaarder in opleiding
Cath Ard
Illustrasies: Sarah Lawrence
Niefiksie vir kinders
Ouderdom: 7+
Bladsye: 48
9780799392463
R140,00
Hierdie reeks leer kinders van jongs af dat hulle wetenskaplike beroepe moet oorweeg. Hulle kan onder meer ’n ruimtevaarder, wetenskaplike, dokter of ingenieur word.
Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser meer oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord van die Internasionale Ruimtestasie.

 
Die In-Opleiding-reeks: Wetenskaplike in opleiding
Cath Ard
Illustrasies: Sarah Lawrence
Niefiksie vir kinders
Ouderdom: 7+
Bladsye: 48
9780799392470
R140,00
Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewe van verskillende beroepsmense sal hierdie reeks boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou.
Wetenskaplike in opleiding leer kinders oor basiese chemie, biologie en fisika.

 
Die In-Opleiding-reeks: Ingenieur in opleiding
Cath Ard
Illustrasies: Sarah Lawrence
Niefiksie vir kinders
Ouderdom: 7+
Bladsye: 48
9780799392494
R140,00
Ingenieur in opleiding wys jong kinders hoe ingenieurs wiskunde en die wetenskap gebruik om die geboue en masjiene te bou wat ons elke dag sien.
Die reeks is ideaal vir skoolprojekte. Die prettige illustrasies, praktiese wenke en interessante inligting maak dat kinders moeilike onderwerpe maklik sal verstaan, en skep belangstelling in ’n verskeidenheid beroepe van ’n jong ouderdom af. Kinderboeke oor verskillende beroepe is skaars. Hierdie boeke vul dus daardie leemte.

 
Die In-Opleiding-reeks: Dokter in opleiding
Cath Ard
Illustrasies: Sarah Lawrence
Niefiksie vir kinders
Ouderdom: 7+
Bladsye: 48
9780799392487
R140,00
Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hulle geleer het te versterk. Kan die leser ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of ’n wolkekrabber bou? Dit is als in hierdie reeks vervat.
Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red.
Romanse | Romance

 

Soene in ’n sandkasteel
Frenette van Wyk
SuperRomanza
Bladsye: 304
9780799395099
R240,00
Daniella het haar man verneuk. Hy het van haar geskei, maar nou wil hy hul huwelik herstel.
Sy gaan besoek ’n ou kasteel in Europa; haar eksman betaal vir die duur wegbreek. In die vreemde word sy gekonfronteer deur haar verlede se geraamtes, veral toe sy Remi ontmoet en op hom verlief raak terwyl hulle die kasteel ontdek.
Sy glo sy verdien nie meer liefde nie, veral toe dit klink of Remi getroud is. Hy is dus taboe vir haar.
Daniella hoor later Remi is wel geskei. Sy is egter te bang om hom te vertel van haar egskeiding, want sy vrou het hom immers met ’n ander man bedrieg. Remi sal Daniella tog nie kan oorsien weens dieselfde oortreding nie?

 
Jy maak my gelukkig
Verskeie outeurs
’n Bloemlesing vol romanse
Ouderdom: 16+
Bladsye: 452
9780799394597
R160,00
Dit is die tweede bloemlesing wat deur LAPA Uitgewers onder die vaandel Jongliefde uitgegee word. Soos die vorige bloemlesing bevat hierdie een agt novelles. Al agt het sprokiesmooi eindes.
Roekelose harte – Marilinda Murray: Adele is op vakansie om van haar eks te vergeet, nie om ’n plaasvervanger vir hom te kry nie, maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam.
Toe-oë-afspraak – Madelie Human: Die skrywer J.J. Jooste se suster stel vir hom ’n assistent aan sonder sy medewete. Eers wil hy niks weet nie, maar Martinet kan dalk net die vrou van sy drome wees.
Legkaart van die hart – Ildé Grové: Helene moet Lientjie Swart word vir haar eie veiligheid. Sy moet haar familie, werk en vriende verlaat – vir hul veiligheid. Gun die noodlot haar egter ’n beskermengel in die vorm van Theuns Krige?
’n Wye, wye horison – Madeleine Malherbe: Stella herstel by die gastehuis Paradys ná die ontnugtering van haar huwelik. Chris kom ondersoek ’n vliegtuigongeluk daar naby. Sy leer om weer te vertrou. Dan daag haar eksman egter op …
Gelykbreekliefde – Ernalize du Toit: Behati draai om en sien ’n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel; ’n verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors.
Bie op haar hart – Antoinette Venter: Sy het ’n ontwikkelende sangloopbaan en help om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun. Mika het min dus tyd vir iets anders. Daar is beslis nie tyd vir die skilderydief Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. ’n Ander vrou besit reeds Jean-Pierre se hart, maar Mika se hart ignoreer die prioriteite.
’n Liefdeskeuse – Malene Breytenbach: Mona woon die skryfskool by om weer haar skryfvaardighede op te knap. Liefde is die laaste ding op haar prioriteitslys, maar die misdaadskrywer Winston Webb trek haar aan – en stoot haar weer weg. Waarom voel dit asof haar held twee verskillende mense is?
Beter vir haar hart – Jessica Venter: Richard het jare gelede Melanie se hart gebreek, maar selfs met ’n stukkende hart was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie.
Genoeg vir my
Marilé Cloete
9870799394665
R95,00
Alexandria Muller is ’n tandarts én skrywer op soek na haar eie liefdesverhaal in die asemrowende Kroasië. Hier ontmoet sy die sjarmante Christiaan Beukes, ook ’n tandarts, in ’n kafee en hulle is onmiddellik aangetrokke tot mekaar. Dit is in die prentjiemooi Dubrovnik waar hul liefdesverhaal begin.
Christiaan is ongetwyfeld aangetrokke tot Alex. Hulle knyp hier en daar alleentyd af met die Kroatiese see as agtergrond. Albei besef hoe vinnig die liefde kan blom met die natuurskoon en passie as aanhitser. Hoe maak hulle wanneer hulle uiteindelik na die werklikheid moet terugkeer?
Liefde uit Italië
Alma Carstens
9780799394696
R95,00
Lisa se ma was ’n Suid-Afrikaner, en al het sy by haar pa in Italië grootgeword, droom sy om haar ma se familie te ontmoet. Ten spyte van haar tante se waarskuwings vlieg sy halsoorkop na Suid-Afrika om haar langverlore familie op te soek.
Op Goedgevond vind sy egter uit dat alles nie is soos sy haar voorgestel het nie. Haar ma se jonger, aangenome broer, Werner, wantrou haar en glo sy is agter erfgoed aan. Al Lisa se pogings om hom van die teendeel te oortuig, misluk. Maar hy het nie rekening gehou met haar vurige Italiaanse humeur nie. So maklik laat sy haar nie verwilder nie.
Ek, jy en Rome
Analize Theron
9780799394726
R95,00
Isabel Villani staan op die punt om haar professoraat in rotskunsstudies te verwerf. Sy neem ’n welverdiende breek in Italië. Saam met haar vriendin gaan sy op ’n kort toer voordat sy alleen agterbly om ’n kort kursus in rotskuns by ’n universiteit in Rome aan te bied.
Op die toer ontmoet sy vir Marco, wat met sy diep stem en uitsonderlike oë haar verlei en dreig om haar fokus van haar werk en haarfyn beplande toekoms te steel.
Liefde ruik soos katjiepiering
Frieda van der Westhuizen
97807993946757
R95,00
Alles in Hansie Liebenberg se lewe loop gelyk skeef, maar sy gaan nie dat dit haar onderkry nie, al voel sy haar beskermengel laat haar in die steek. Sy besluit alle mans is nou taboe en sy gaan alleen en manloos haar onafhanklikheid aan haarself bewys. Toe sy per ongeluk die bruidsruiker van katjiepierings op ’n troue vang, weier sy om waarde te heg aan die ou bygeloof. Sy gaan ook nie dat ’n soen, net daarna, van die ongelooflike sexy Luca van Rhyn haar van stryk bring nie.
Ongelukkig is dit onmoontlik om Luca te vermy wanneer sy uitvind die woonstel waarin sy gaan bly, is in sy tuin. Hy is gedurig net ’n hanetreetjie weg met sy sexy lippe, sy aanloklike lyf en sy onweerstaanbare magnetisme.

Related Articles

Back to top button