NewsNews

Hond uit Vaalrivier gered – koud, honger en ontwater

Sy is tans by die DBV in Vanderbijlpark

Waarom was dié pragtige wit hond in die rivier en waar is haar eienaars? ‘

Dit is die vrae waaroor baie mense wonder nadat Nic Langlois Sondag op Facebook berig het dat die tefie uit die middel van die rivier gered is. Die voorval het oorkant die ou Willow Houseboat Charters plaasgevind.
Volgens Nic is die hond aanvanklik deur ‘n paartjie op hul huisboot getel nadat hulle haar uit riete waar sy skynbaar vasgesit het, gered het.
Sy het egter afgespring en weer begin swem. Sy was in die middel van die rivier en was besig om te sink toe Nic en sy geselskap, wat op ‘n boot was, haar gesien en gered het.

Volgens Nic was die hond duidelik koud, gedehidreer en baie honger. Hulle het haar afgedroog en warm toegedraai, waarna sy 500 ml water gedrink en ‘n pizza geëet het wat hulle haar gevoer het.
Hoewel die DBV oor naweke gesluit is, het Nic die noodtelefoonnommer gekry en haar aan die DBV oorhandig, waar sy tans op haar eienaars wag.

‘n Facebookgebruiker het laat weet dat dit vermoedelik hul bure se hond is, maar sover Vaalweekblad kon uitvind, is sy nog nie deur haar eienaars opgeëis nie.
Hulle kan die DBV by 016 422 1505 skakel om hul hond te kom haal.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button