NewsNews

Shell se helde skroom nie om KFC brand te blus

Shell se helde skroom nie om KFC brand te blus

VANDERBIJLPARK. – Om jou lewe op die spel te plaas vir ander se besitting en lewens sit nie in enige een nie.

Twee ‘dienskampioene’ soos wat die joggies van die Shell motorhawe in Bedworthpark genoem word, Thambo Hlahane en Pule Mohapi, het nie geskroom toe hulle vanoggend (28 Junie) net na 07:30 rook sien uittrek by Kentucky (KFC) oorkant die straat nie. Volgens inligting het olie aan die brand geslaan en het die twee helde dadelik opgetree en  drie van die motorhawe se brandblussers gegryp en by KFC ingehardloop om die vlamme te blus. Met gasbottels wat enige tyd kon ontplof het die twee manne die hoë vlamme getrotseer en die brand geblus nog voor die brandweer opgedaag het.

Was dit nie vir die twee manne wat vinnig opgetree het nie, kon die nagevolge veel erger gewees het.

“Shell Bedworthpark is dankbaar vir hierdie twee ‘service champions’. Hulle het hul lewens gewaag vir ander, hulle het kop gehou en die situasie onder beheer gekry, wat te danke is aan die opleiding wat hulle gereeld ontvang om sulke situasies te hanteer,” het Jenny Brits, perseelbestuurder, aan Vaalweekblad gesê.

‘n Ambulans het later opgedaag en die twee helde ondersoek, maar hulle was ongedeerd.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button