NewsNews

Die feite oor Parys se leiwater

Die feite oor Parys se leiwater.

:
Ek skryf aan u in reaksie op berigte en briewe rakende leiwater wat in Gazette van 13 Junie 2019 verskyn het.
Ek dink daar bestaan ‘n misverstand oor wat presies met leiwater aan’t gebeur is en wil graag die feite stel. Verskeie inwoners van Parys het oor ‘n redelike lang periode reeds teenoor my beswaar aangeteken dat hulle elke maand vir leiwater moet betaal wat hulle nooit kry nie.
Ek het derhalwe, toe die opstel van die jongste begroting in proses was, versoek dat die heffing van leiwatergelde tydelik opgehef moet word totdat die probleme met verskaffing daarvan aan alle inwoners opgelos is en almal inderdaad die water ontvang waarvoor hulle betaal. Daar was nooit enige sprake daarvan dat die verskaffing van leiwater gestaak moet word nie – slegs dié inwoners wie fisies leiwater ontvang moet egter, totdat die stelsel weer behoorlik funksioneer, verantwoordelik gehou word vir betaling van die heffing daarvoor. Niemand moet verplig word om te betaal vir iets wat hy nie ontvang nie, is die beginsel.
Tydens die finale begrotingsvergadering het dit geblyk dat die amptenary nie ‘n metode kon vind om te onderskei tussen inwoners wie wel leiwater ontvang en ander wie nie. Die resultaat was die onaanvaarbare voorstel uit die geledere van die amptenary dat die verskaffing van leiwater bloot eenvoudig gestaak word om die probleem te oorbrug. Die voorstel, waarteen ek heftig beswaar gemaak het, is nie deur die Raad aanvaar nie. Inteendeel is besluit dat die hele kwessie na die Finansiële Komitee verwys word, om ondersoek te doen na wyses waarop die probleem opgelos kan word, tot die leiwaterstelsel reg funksioneer, deur nie heffings vir leiwater te hef nie of om die heffings slegs te hef teenoor die inwoners wie wel toegang tot leiwater het. Die einddoel van die oefening is juis om weer leiwater te verskaf aan almal wie daarop geregtig is, maar om tussentyds, totdat die stelsel weer reg funksioneer, diegene tegemoet te kom wie tans verplig is om te betaal vir ‘n diens wat hulle nie ontvang nie. Ek herhaal dat die hele kwessie, vanuit ‘n raadsoogpunt, nooit daaroor gegaan het om die leiwatervoorsiening te staak nie en vertrou dat hierdie brief help om meer helderheid te bring

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button