Cay-Dinn Oelofse wat gister met briljante tye die rekords laats spat het by die Sasol Nasionale Winterswemkampioenskappe. Foto: Ettiene van Rensburg.
Cay-Din Oelofse van Parys het gesorg vir ‘n ongelooflike prestasie gister by die Sasol Nasionale Winterswemkampioenskappe wat tans in Sasolburg by die Penny Heyns-swembad gehou word.
Die kranige jong swemmertjie het die 33 jaar oue rekord vir die 50m borsslag gemaklik gebreek in die prelim met ‘n skitterende tyd van 42.09 sekondes.
Maar daar was selfs ‘n nog groter verrassing vir tydhouers die middag toe hy sy eie rekord in die finaal gebreek het met ‘n tyd van 41,89 sekondes.
Cay-Dinn het ook vanoggend met die 200m borsslag prelim nog ‘n rekord gebreek met ‘n tyd van 3:16:46
Jy maak Parys trots Cay-Dinn!
Cay-Dinn is lid van die Sasolburg-swemklub.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.