SportSport

Cay-Dinn, jy maak ons trots!

Parysenaar breek 33 jaar oue rekord

Cay-Din Oelofse van Parys  het gesorg vir ‘n ongelooflike prestasie gister by die Sasol Nasionale  Winterswemkampioenskappe wat tans in Sasolburg by die Penny Heyns-swembad gehou word.

Die kranige jong swemmertjie het die 33 jaar oue rekord vir die 50m borsslag gemaklik gebreek in die prelim met ‘n skitterende tyd van 42.09 sekondes.

Maar daar was selfs ‘n nog groter verrassing vir tydhouers die middag toe hy sy eie rekord in die finaal  gebreek het met ‘n tyd van 41,89 sekondes.

Cay-Dinn het ook vanoggend met die 200m borsslag prelim nog ‘n rekord gebreek met ‘n tyd van 3:16:46

Jy maak Parys trots Cay-Dinn!

Cay-Dinn is lid van die Sasolburg-swemklub.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button