NewsNews

Sterrewag vier vyftigste herdenking van die maanlanding

Sterrewag vier vyftigste herdenking van die maanlanding

Op 16 Julie 1969 is die Apollo-vuurpyl met die maantuig aan boord vanaf Cape Canaveral
gelanseer; kort daarna het die eerste mens sy voetspore op die Maan gelaat. Die vyftigste
herdenking van hierdie geskiedkundige gebeurtenis word op 29 Junie by die sterrewag op
Deelfontein deur `n spesiale aanbieding en `n sterrekyk-uitstappie gevier. Frik le Roux van
die Pretoria-tak van die Astronomie-vereniging van Suid-Afrika plaas die verstommende
tegniese “tour de force” van NASA in perspektief en gee interessante beeldmateriaal en
besonderhede oor die ruimteprogram.
Die aanbieding begin om 6nm in die seminaarkamer langs die sterrewag. Daarna sal verskeie
interessante objekte deur die twee teleskope besigtig word, onder andere is Jupiter en sy mane
asook Saturnus met sy ringsisteem sigbaar. Besoekers kan gerus vêrkykers saambring, want
die groter konstellasies is daardeur beter sigbaar as in die sterk teleskope.
Die uitstappie kos R100 per persoon. Warm sop en koffie en tee is beskikbaar teen `n
bykomstige R50. Akkommodasie is beskikbaar vir diegene wat nie laataand wil huistoe ry
nie. Bring asseblief warm klere en skoene saam. Padaanwysings na Deelfontein kan van
www.deelfontein.co.za afgelaai word. Aanmelding is essensieel: Per epos by
gerhard@deelfontein.co.za of per sms aan 083 280 9784.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button