NewsNews

Modise daag nie by hof op vir diermishandelingsaak nie

‘n Lasbrief vir haar inhegtenisname staan nou oor totdat sy op 22 Julie weer in die hof moet verskyn

Thandi Modise, speaker van die parlement, moes op 21 Junie in die Potchefstroomse landroshof verskyn in ‘n saak van dieremishandeling teen haar.

Sy het verskoning gemaak en aangevoer dat haar parlementêre verpligtinge keer dat sy nie self by die kan wees nie.  ‘n Lasbrief  vir haar inhegtenisname staan nou oor totdat sy op 22 Julie weer in die hof moet verskyn.

Dié saak spruit uit diere op haar plaas naby Potchefstroom wat in 2014 van die honger gevrek het. Die Nasionale dierbeskermingsvereniging (NDBV) moes ook 224 diere op die plaas van kant maak.

Modise se verweer destyds was dat sy nie bewus was va ndie omstandighede nie, omdat iemand die plaas namens haar bestuur.

Dié saak is een van Afriforum se private vervolgingsake waar die burgerregte-organisasie namens die NDBV optree. Die Nasionale vervolgingsgesag het in 2017 besluit om weens ‘n gebrek aan bewyse haar nie te vervolg nie.

Die NDBV het dit, die plaas van gruwels bestempel. Ten tyde van die voorval was Modise die Premier van die Noordwes gewees.

 

Related Articles

Back to top button