NewsNewsSponsored

Ontmoet Juffrou Izelle van Heerden van Hoërskool Parys

Ontmoet Juffrou Izelle van Heerden van Hoërskool Parys

Waar kom jy oorspronkilk vandaan? Ek is ‘n Bolander en het groot geword in Wellington en gematrikuleer te Hugenote Hoërskool.

Waar het jy jou studies voltooi? Universiteit van die Vrystaat

Wanneer het jy begin by Hoërskool Parys? 1996, maar was toe weg vir ‘n rukkie, maar is sedert 2016 ononderbroke by Hoërskool Parys.

Watse vak bied jy aan? Wiskunde vir Graad 10’s en 12’s

Hoekom het jy besluit om onderwyser te word? Ek het talle rigtings oorweeg onder andere medies, veearts of ingenieurswese maar die antwoord op my gebede was toe ek ‘n onderwysbeurs ontvang het. Ek het toe geweet dis waar die Here my wil hê aangesien ek van kleins af passievol oor onderwys is. Ek het as dogtertjie my poppe in ‘n ry gepak op die bed en vir hulle skool gehou.

Hoekom Wiskunde? Dit is van kleins af my gunsteling vak gewees en is my passie.

Wat geniet jy die meeste van onderwyser wees? Ek geniet die interaksie met die kinders verskriklik. Ek leef daarvoor om die leerlinge te help met probleem oplossings en om te sien hoe hulle groei en hoe hulle nooit ophou nie. Dit is vir my belangrik dat ons kinders deursettingsvermoë het al raak dit moeilik. Ek geniet dit om te sien hoe ontvanklik kinders is om te leer en te verstaan. Dit is vir my baie lekker om te sien as kinders presteer en beloon word vir hulle harde werk. Een van die grootste belonings is om oud leerlinge na baie jare raak te loop en trots te kan wees op die sukses wat hulle bereik het en te weet ons het ‘n aandeel in dit.

Hoe sal jy jou onderrigstyl beskryf in drie woorde? Passievol, doelgerig en goedhartig

Wat maak Hoërskool Parys anders? As onderwyser voel ek dit is belangrik om moeite te doen met elke kind en altyd meer te doen en hier by Hoërskool Parys is ‘n kind nie net ‘n nommer nie. Kinders kry hier nog persoonlike aandag en dit is wat ons die toonaangewende skool op die platteland maak en ek is trots om te sê ek is onderwyser hier.

Wat wil jy hê leerlinge moet wegvat nadat hulle ‘n jaar by jou in die klas spandeer het? Om nooit op te gee op hulle drome nie! Wanneer die lewe jou “knock” om weer op te staan en aan te hou. In my klas het ek ‘n bordjie wat lees “Unlock Your Dreams!” en ek hoop elke kind doen dit.

 

Juffrou Izelle, wat ‘n absolute voorreg om te weet ons kinders se onderrig is in die hande van iemand wat met passie en deernis haar vak aanbied. Baie dankie!

Related Articles

Back to top button