Local newsNewsNews

Geniet die langste nag – wintersonstilstand

Geniet die langste nag - wintersonstilstand

Die term midwinter of wintersonstilstand verwys na die kort oomblik wanneer die aarde se askanteling met 22 1/2° 26′ sy grootste afstand van die son bereik.[1] Nogtans word in die omgangstaal na die hele dag waarop die sonstilstand voorkom (21 of 22 Desember vir plekke in die Noordelike, 21 of 22 Junie vir plekke in die Suidelike Halfrond) as midwinter of eerste dag van die winter verwys.

Die wintersonstilstand kom op die kortste dag (en langste nag) van die jaar voor en word veral in hoër breedtegrade duidelik waargeneem. Die son bereik dan sy laagste maksimale posisie in die hemel. Die dae word met die wintersonstilstand geleidelik langer en die nagte korter.

Die wintersonstilstand het in elke beskawing sy eie spesifieke kulturele betekenis, maar word oor kulturele grense heen dikwels met hergeboorte verbind. ‘n Groot aantal feesdae, feeste, rituele, byeenkomste of ander vierings het rondom midwinter ontstaan.

Bron: Wikipedia

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button