NewsNews

Swendelaar lieg oor kaping en vermoorde vrou

'n Man het vandag (20 Junie) by verskeie besighede in Potchefstroom omgegaan en op mense se gevoel gespeel om geld te probeer kry.

‘n Man het vandag (20 Junie) by verskeie besighede in Potchefstroom omgegaan en op mense se gevoel gespeel om geld te probeer kry.

Volgens oproepe wat die Herald ontvang het, is dié man se storie dat sy trok vanoggend op die N12 naby die weegbrug gekaap is. Sy vrou is ook tydens die kaping dood geskiet.

Volgens die man het hy glo geld nodig om by die Namibiese ambassade in Pretoria te kom, omdat hy van Namibië afkomstig is.

By navraag het kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder in Potchefstroom, gesê dat daar geen kaping of moord vandag in Potchefstroom aangemeld is nie.

“Die polisie is glad nie bewus van so geval nie,” het Chaka gesê.

Verskeie nooddienste het ook bevestig dat daar nie so geval naby Potchefstroom plaasgevind het nie.

Inwoners word  teen dié swendelaar gewaarsku.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button