NewsNews

Kom kyk na ons voëlskat deur die kameralens van ander

Kom kyk na ons voëlskat deur die kameralens van ander

Die grootste deel van Junie is skoolvakansie maar Feathers Voëlklub het wel
‘n byeenkoms op Donderdag, 27 Junie om 18:30. By die geleentheid wat weer by
Sally Martin Park se saal gehou word, sal Hansie Bekker van sy foto’s met
die aanwesiges deel. Lede van die klub ry wyd en syd en dit is altyd
interresant om te sien watter voëls hul raakgeloop het. Een keer ‘n kwartaal
kry lede dan die geleentheid om ‘n paar van daardie foto’s beskikbaar te
stel vir ‘n groep-vertoning. Dit sal ook tydens die Junie-byeenkoms gebeur.

Dit is koud op die oomblik en na die vertoning sal daar saam gekuier word
met sop-en-brood. Bring net asseblief jou eie beker en lepel vir die sop.
Daar word geen uitstappies vir Junie en Julie gereël nie.
As jy in ons voëls belangstel, kan jy gerus kom saam kuier.
Vir nadere inligting oor Feathers kan Hansie Bekker (056 811 4754 / 082 820
4306) en Peter Killian (083 625 8100) geskakel word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button