LetterOpinions

Ken inwoners in leiwater-besluite

Ken inwoners in leiwater besluite

Na aanleiding van die berigte in Parys Gazette (6 & 13 Junie) wil ek namens die 6 eienaars van Casa Mia in Heapstraat beswaar aanteken teen die raad se besluit om leiwater te staak.
Hierdie besluit is geneem sonder dat die verbruikers in die saak geken is, of moontlike oplossings vir die probleme na vore te bring.
Ons kompleks het verlede somer groot uitgawes aangegaan met betrekking tot die aanlê van sprinkelbesproeiing.
Tussen die 6 eenhede het ons 3 pompe om water uit die kanaal wat deur ons erf loop te pomp vir die instandhouding van ons tuine. n Nuwe pomp is ook ’n maand gelede aangekoop aangesien een onklaar geraak het.
Die staking van kanaalwater gaan die verbruik van gesuiwerde munisipale water verhoog aangesien die tuine daarmee in die toekoms instand gehou sal word. Dit gaan veroorsaak dat die waterdruk erg verlaag, en ekstra druk op die huidige pompe by die aanleg veroorsaak aangesien meer water gepomp sal word.
As belastingbetalers versoek ons die raad om hierdie besluit weer ernstig in oorweging te neem.
Ons sal dit ook waardeer as samesprekings met ons as verbruikers gevoer kan word om sodoende ons saak ook aan die raad te stel, alvorens so ‘n drastiese stap geneem word waar die raad eenvoudig die besluit neem wat so baie inwoners gaan beinvloed.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button