NewsNews

So werk Ngwathe se Cigicell-ooreenkoms vir voorafbetaalde krag (deel 1)

So werk Ngwathe se Cigicell-ooreenkoms vir voorafbetaalde krag (deel 1)

Die Ngwathe munisipaliteit en Cigicell het vroeër vanjaar ‘n ooreenkoms gesluit waarvolgens Cigicell die munisipaliteit se verkope van voorafbetaalde krag sal hanteer. Hulle sal ook verouderde en defekte of gebrugde voorafbetaalde en konvensionele elektrisiteitsmeters vervang.
Daar is egter heelwat onsekerheid onder verbruikers oor die omvang en impak van die ooreenkoms.
Die VF Plus se Rdl. Phillip van der Merwe verduidelik:
Cigicell vorm deel van die Blue Label Telecoms Limited Groep, ‘n maatskappy wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is en landswyd betrokke is by invordering van voorafbetaalde kragverkope namens beide Eskom self en ongeveer 93 munisipaliteite. Die maatskappy besit ook ‘n 45% aandeel in die selfoongroep CELL C.
Cigicell sal kragtens die ooreenkoms onder andere die volgende doen:
1. Daarstelling van meer en effektiewer kragverkooppunte wat sal insluit dat verbruikers krag by formele en informele handelaars sal kan koop. Krag ook per selfoontoepassing by instansies soos banke gekoop kan word.
Een voordeel vir Ngwathe met hierdie reëling is dat Cigicell self die risiko van wanbetaling deur sy kontrakteurs dra. Ngwathe het in die verlede verliese gely waar kragverskaffers nie die munisipaliteit betaal het vir kragvoorraad wat aan hulle gelewer was nadat hulle dit verkoop het nie.
‘n Tweede voordeel is dat verbruikers wie se krag op ‘n ongeleë tyd, byvoobeeld laataand magopraak, per selfoon op Cigicell se risiko ‘n klein noodvoorraad krag as voorskot kan bekom, en die koste dan verhaal word wanneer die verbruiker sy volgende kragaankope doen.
2. Gratis meteroudit by groot kragverbruikers. Die doel hiervan is om te bevestig dat grootmaatverbruikers volgens die korrekte tariewe aangeslaan word. Ngwathe is tans nie in staat om diesulke verbruikers ooreenkomstig Eskom se “time of use” tariewe, waarvolgens krag meer kos in piektye, aan te slaan nie. Die doelwit is om uiteindelik alle groot verbruikers se tariewe in lyn te bring met Eskom se tariewe aan die munisipaliteit en om hulle te voorsien van meters wat lesings tydens die gedifferensieërde tarieftye kan neem en registreer sodat vir verbruik betaal word ooreenkomstig die tarief vir die tydgleuf waarin dit gebruik was.
3. Gratis meteroudit van kleinmaatverbruikers. Eerstens is die doel hiervan om defekte/gebrugde meters op te spoor en te vervang sodat boetes waar van toepassing gevorder kan word en verbruikers verplig kan word om te betaal vir die krag wat hulle verbruik. Die verdere doel hiervan is om te verseker dat elke verbruiker toepaslik aangeslaan word. In al die Ngwathe-dorpe is daar huise wat omskep is in besigheidspersele waarvan baie steeds teen huishoudelike tariewe betaal vir krag en ander dienste. Hierdie verbruikers moet geïdentifiseer word sodat hulle korrek vir dienste aangeslaan kan word.
4. Skuldinvorderingshulp. Kragverkope deur Cigicell word so gestruktureer dat aankopers wie agterstallige skuld by die munisipaliteit het, met elke aankoop ‘n deel van die koopprys afstaan wat aangewend word om agterstallige skuld te delg. Tans word so ‘n verbruiker wie byvoorbeeld R100 se krag koop, slegs van R60 se krag voorsien terwyl R 40 aangewend word op die uitstaande skuld (wat nie tot elektrisiteit beperk is nie). “Ngwathe het al voorheen soortgelyke maatreëls probeer toepas, maar, weens administratiewe probleme, sonder sukses. Ek glo Cigicell sal wel in staat wees om die maatreël effektief te bestuur.”
5.Bestryding van kragdiefstal. Die nuwe meters wat Cigicell op die langertermyn regdeur Ngwathe sal installeer, sal eerstens ‘n waarskuwing aan Cigicell stuur sodra gepoog word om daarmee te peuter sodat optrede onmiddelik kan volg. Die meters sal ook data vergaar van elke verbruiker se aankooppatrone en sal ewe-eens ‘n waarskuwing stuur wanneer wesenlik van ‘n gereelde aankooppatroon afgewyk word sodat ondersoek na die rede vinnig gedoen kan word. Die meters sal ook nie met krag gekoop van sogenaamde “ghost vendors” gevoer kan word nie.

Related Articles

Back to top button