News

Vredesluiting van 117 jaar gelede in Vaal herdenk

Die vredesluiting, bekend as die Vrede van Vereeniging, wat op 31 Mei 1902 tussen die Boere-verteenwoordigers en die Engelse bevelhebbers na die Anglo-Boereoorlog onderteken is, is op 31 Mei op verskeie plekke in Suid-Afrika herdenk

Vredesluiting van 117 jaar gelede in Vaal herdenk

Die vredesluiting, bekend as die Vrede van Vereeniging, wat op 31 Mei 1902 tussen die Boere-verteenwoordigers en die Engelse bevelhebbers na die Anglo-Boereoorlog onderteken is, is op 31 Mei op verskeie plekke in Suid-Afrika herdenk. In die Vaaldriehoek is kranse onder andere by die Konsentrasiekamp-begraafplaas en die Vredesmonument in Vereeniging, en by die Witkoppen-blokhuis langs die Sybrand van Niekerk-snelweg gelê.

Mnr. Freddie Peters, onder andere kultuur- en geskiedenisgeesdriftige sowel as Speaker van die Midvaal-stadsraad, en Vader Daniel Lugovoi van die Russies-Ortodokse Kerk in Midrand tydens ‘n kranslegging wat daar gehou is om hulde te bring aan Russiese soldate wat ook in die Vryheidsoorlog geveg het. Die Russiese ambassade in Suid-Afrika het hul kulturele attaché gestuur om ook aan die plegtigheid deel te neem.

Kranse is ook deur belangstellendes en verskeie kultuurorganisasies by die Witkop-blokhuis, ‘n bekende baken langs die R59-snelweg, gelê. Die geleentheid is onder andere bygewoon deur James Hackett, ‘n plaaslike historikus en ‘n afstammeling van die Iere wat saam met die Boere geveg het in die Vryheidsoorlog.

Die Vryheidsmonument in Vereeniging se burgersentrum, waar kranse ook op 31 Mei gelê is.

Die vredesluiting, bekend as die Vrede van Vereeniging, wat op 31 Mei 1902 tussen die Boere-verteenwoordigers en die Engelse bevelhebbers na die Anglo-Boereoorlog onderteken is, is op 31 Mei op verskeie plekke in Suid-Afrika herdenk. In die Vaaldriehoek is kranse onder andere by die Vredemonument in Vereeniging gelê. Hier is mnr. Freddie Peters (vierde van links), Speaker van die Midvaal-stadsraad, en Marianda Schlebush (in wit baadjie, heel regs) van die FAK saam met ‘n paar van die afgevaardigdes en belangstellendes wat die geleentheid by dié monument bygewoon het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button