NewsNews

Museum sprei vlerke

SASOLBURG. – Min mense weet dat die Vaaldriehoek oor die jare ’n totaal van 260 Springbokke, Proteas en wêreldkampioene opgelewer het. Met dit in gedagte kan die waarde van die nuutgestigde Vaal Sport Legende Museum nie onderskat word nie. Die projek wat die breinkind van Piet Brand en Theuns Erasmus is, is iets waarop die …

SASOLBURG. – Min mense weet dat die Vaaldriehoek oor die jare ’n totaal van 260 Springbokke, Proteas en wêreldkampioene opgelewer het.
Met dit in gedagte kan die waarde van die nuutgestigde Vaal Sport Legende Museum nie onderskat word nie.
Die projek wat die breinkind van Piet Brand en Theuns Erasmus is, is iets waarop die Vaaldriehoek maar trots mag wees.
Die tweemanskap en hul komitee (Ockert Bosch, Irene Myburgh en Peet le Grange) het die afgelope twee jaar bloed gesweet en wanneer die museum amptelik in September vanjaar by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg sy deure open, gaan dit ‘n nostalgiese sportuitstappie soos min wees.
Die museum spog met 504 stukke memorabilia van 35 verskillende sportsoorte. Dit sluit onder meer 26 Springbokbaadjies in asook die oorspronklike stigtingsakte van die Vaaldriehoek Rugbyunie in 1984. Die museum spog met 33 rugby Springbokke vanuit die Vaaldriehoek wat 7 kapteins (AB en Avril Malan, Felix en Morne du Plessis, Francois Pienaar, Divan Serfontein Annamarie van Biljoen en Piet Visagie (o/k) insluit.
Die museum spog ook met vyf bokswêreldkampioene. Die museum is aangewese op skenkings en het reeds R170 000 in skenkings ontvang waarvan R70 000 deur raamwerk ingesluk is.
Brand en kie het onlangs ‘n dankie sê-funksie gehou om borge, skenkers en sportlui te bedank vir hulle bydraes.
Volgens Brand, die hoofuitvoerende beampte van die komitee en organisasie, kort hulle nog sowat R100 000 om die projek te voltooi.
Daar gaan ‘n goue (minder as R10 000 skenking) en platinum (meer as R10 000 skenking) ererol by die museum opgerig word om borge en skenkers vir hulle bydraes te vereer.
Borge, sportlui en skenkers wat bydrae tot die Sportmuseum wil maak kan Piet Brand by 083 626 8888 of Theuns Erasmus by 082 894 6383 skakel.

Related Articles

Back to top button