News

35-Jarige man verdwyn onder water by Vaaldam

35-Jarige man verdwyn onder water by Vaaldam

DENEYSVILLE. – ‘n 35-Jarige man het gister, Saterdag 15 Junie in die Vaaldam verdrink nadat hy vermoedelik van sy kano afgeval het.

Volgens Jake Manten, stasiebevelvoerder van die NSRI stasie 22 by die dam is hulle om 10:35 geaktiveer nadat inligting ontvang is dat ‘n man in die moeilikheid is. Verskeie nooddienste, die Vrystaat EMS, die K9 honde-eenheid, Sasolburg Fire and Rescue, die polisie en die polisie duikspan is na die toneel by Rate Payers Bay waar die man onder die water verdwyn het. Polisieduikers het later die man se lyk gevind.

Volgens die NSRI was die water temperatuur net 11 grade en het dit vermoedelik bygedra tot die verdrinking alhoewel dit lyk of die man na die wal probeer swem het.

Die voorval het gebeur agt dae nadat die 19 jarige Brandley Coetzee van Johannesburg spoorloos verdwyn het by die dam nadat hy waarskynlik sy vislyn ingevat het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button