NewsNews

Oud-weermaglede kan voordele kry

Alle oud-weermaglede is geregtig tot ‘n verskeidenheid voordele, iets waarvan baie van hulle nie eers bewus is nie.

Só sê mnr, die sektor voorsitter van die SA Weermag Vereeniging, mnr. Emmanuel Sequiera.
Dié organisasie gaan Saterdag, 15 Junie, om 10:00 by Hoërskool Carletonville bymekaarkom om met oud-weermaglede te praat.
Volgens Sequiera word elkeen wat in diens gestaan het van die SA Weermag en nie meer in diens is nie (dit sluit in Nasionale Diensplig, Staandemag, Kommandos, Burgermag, Unie-Verdedigingsmag, ens.) gesien as ‘n militêre veteraan en is hulle tot sekere voordele geregtig.
Van die voordele sluit welsynshulp, berading, begrafnisbystand, werksgeleenthede en bekostigbare mediese versekering in.
Belangstellendes kan die organisasie se twee leiers in die omgewing, Vincent Brandon van Carletonville, en Eduaan Ueckermann van Fochville by onderskeidelik 072 340 4691 en 082 856 5683 kontak.
Hulle kan ook vir Sequiera by 076 731 9049 of die sektor adjudant, Markus Leibbrandt, by 083 655 0908 skakel of ‘n epos aan [email protected] stuur.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button