NewsNews

Oud-weermaglede kan voordele kry

Alle oud-weermaglede is geregtig tot ‘n verskeidenheid voordele, iets waarvan baie van hulle nie eers bewus is nie.

Só sê mnr, die sektor voorsitter van die SA Weermag Vereeniging, mnr. Emmanuel Sequiera.
Dié organisasie gaan Saterdag, 15 Junie, om 10:00 by Hoërskool Carletonville bymekaarkom om met oud-weermaglede te praat.
Volgens Sequiera word elkeen wat in diens gestaan het van die SA Weermag en nie meer in diens is nie (dit sluit in Nasionale Diensplig, Staandemag, Kommandos, Burgermag, Unie-Verdedigingsmag, ens.) gesien as ‘n militêre veteraan en is hulle tot sekere voordele geregtig.
Van die voordele sluit welsynshulp, berading, begrafnisbystand, werksgeleenthede en bekostigbare mediese versekering in.
Belangstellendes kan die organisasie se twee leiers in die omgewing, Vincent Brandon van Carletonville, en Eduaan Ueckermann van Fochville by onderskeidelik 072 340 4691 en 082 856 5683 kontak.
Hulle kan ook vir Sequiera by 076 731 9049 of die sektor adjudant, Markus Leibbrandt, by 083 655 0908 skakel of ‘n epos aan milvets@kondor.co.za stuur.

 

Related Articles

Back to top button