
Die Parys-museum sal Sondag 16 Junie op Jeugdag oop wees vir besoekers met ‘n spesiale voorsmakie van hoe die baie indrukwekkende Vredefort Meteoriet Impakkarater-uitstalling lyk.
Dit is die eerste keer dat die uitstalling hier te siene sal wees en sal jou ‘n visuele idee gee van wat die geweldige effek van die impakkrater was.
Hierbenewens kan daar ook gekyk word na die Lewis Balink Naaldwerk-projek getiteld “Positive Souls”. ‘n Projek wat self ‘n geweldige impak het op die gemeenskap van Parys. Mettertyd sal ‘n curio-winkel met van die produkte wat met die projek gemaak word, ook in die museum ingerig word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



