NewsNews

“Wat ons gee kom uit ons harte”

So help hulle armoede verlig

Vrydag vir Vrydag kom hul nader gestap met hande wat dankbaar vou om die plastiekbakkies vol warm sop. Omgee uit ‘n kattebak op die parkeerterrein voor Parys se stadsaal.
Vir baie is dit die eerste kos vir die dag. Daar word nie vrae gevra nie. Daar word nie geoordeel nie. Elkeen wat honger het kan kom haal.
So reik Client Prison Care Ministeries uit na hulle in nood.
Maar dit is nie net die potte boontjie- en groentesop wat elke Vrydag gekook word nie.
Die geregistreerde PBO (Public Benefit Organisation) gee tans weekliks kruidenierspakkies uit vir nagenoeg 70 mense met nood.
By hul perseel in Noorderstraat het Ria Steenkamp en die vrywilligers wat haar help ’n groentetuin begin, en met dié groente en die handjievol mense wat help met skenkings, maak hulle week na week die kruidenierspakkies op vir mense van Parys en Schonkenville. Vrydae word die sop en brood uitgedeel.
Waar hulle hoor van nood probeer hulle help, want sê Ria, hul misie is om ’n liefdesdiens te bewys aan hulle wat deur honger en armoede geraak word. “Wat ons gee kom uit ons harte,” sê sy wanneer sy praat oor die geweldige groot nood in Parys wat toegeskryf word aan onder meer werkloosheid, maar ook die toenemende gebruik van drank en dwelmmiddels. Mense wat navrae het oor die organisasie wat vanjaar 5 jaar oud is, kan Ria skakel by 076 165 0244.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button