
Waar ons vandag is, is gewortel in ons verlede. En deel daarvan was die Penkopseuns – klein grootmense in die liggaam van ‘n kind wat die hardheid van oorlog moes beleef, maar uit die as van verwoesting kon opstaan om te bou aan ‘n toekoms.
Aan dit wat vandag deel is van die Afrikaner kultuur en geskiedenis. Dit is wat meesterlik vasgevat is in die Penkop-klipbeeld op die FAK Udolpho Rivierplaas net buite Parys.
Die beeld is deur lede van die FAK en die Parys Voortrekkerkommando onthul vir Jeugdag wat Sondag 16 Junie landwyd gevier word.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



