NewsNews

Bekende jagter praat in Potch

Bekende jagter praat in Potch

‘n Bekende jagter, omgewingsbewaarder en boekskrywer van Namibië, Kai-Uwe Denker, lewer op 20 Junie ‘n praatjie oor sy nuutste boek About the Spirit of the African Wilderness.

Denker, ‘n Duitser, het die boek in Duits geskryf en dit is onlangs in Engels vertaal.

Die boek gaan oor ou olifantbulle as die grootste wilde dier in die Afrika-jagveld.  Dit beskryf jag-avonture in hoofsaaklik die noordelike Kalahari van Namibië, die kuns van spoorsny en antwoorde oor wat nodig en belangrik is met olifantjag.  Laastens, maar nie die minste nie, handel dit oor die regverdiging van olifantjag, maar ook jag in die algemeen.

Denker kom praat op uitnodiging van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging terwyl hy ‘n paar dae in Potchefstroom is terwyl sy dogter by Unisa kom eksamen skryf.  Sy studeer omgewingsbestuur.

Denker was president van die Namibië Professionele Jagtersvereniging en is ook deur dié vereniging al aangewys as Omgewingsbewaarder van die Jaar.  Hy is wyd bekend onder Suid-Afrikaanse jagters as ‘n etiese jagter.

Hy gaan ook praat oor jag in die algemeen in Namibië en oor hulle manier van trofeë meet.

Die praatjie vind by die Elgro Hotel plaas en begin 18:30. Dit is gratis. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button