
Die ongelooflike omgee van Parysenaars is die afgelope week weer gesien met sovele wat met oop harte gegee het om die plaaslike DBV-tak se nood te verlig. Dit na ‘n berig wat verlede week in Parys Gazette geplaas is met ‘n wenslysie van wat die DBV benodig.
Dankie vir elkeen wat gegee het, maar ook vir sovele wat reeds gehelp het om ‘n liefdevolle huis te gee vir van die diere wat in die DBV se sorg is. Die foto’s is maar net enkele van die diere wat danksy die gemeenskap van Parys se omgee, ‘n nuwe tuiste gevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



