Wow dis hoe Parysenaars gevaar het by vanjaar se Comrades!
Drie Parysenaars het vandag, Sondag 9 Junie elkeen na 89km se opdraande pad van Durban na Pietermaritzburg, kon spog met ’n Bill Rowan-medalje. Blydskap sonder perke vir Stephanie van Rooyen, Wieda de Klerk en Johan de Villiers. En dan was daar die Robert Mtshali-medalje by die eindstreep vir Bertrand van den Berg, Annemi Beukes en …
Drie Parysenaars het vandag, Sondag 9 Junie elkeen na 89km se opdraande pad van Durban na Pietermaritzburg, kon spog met ’n Bill Rowan-medalje. Blydskap sonder perke vir Stephanie van Rooyen, Wieda de Klerk en Johan de Villiers.
En dan was daar die Robert Mtshali-medalje by die eindstreep vir Bertrand van den Berg, Annemi Beukes en Lungile Kulashe en brons vir Lindsay Heathcote.
Marcelle Alborough en Ross Cameron het die Vic Clampham-medaljes ontvang.

Die Parysenaars wat die Comrades voltooi het was:
Wida de Klerk – 8:11:04
Johan de Villiers – 8:17:58
Stephanie van Rooyen – 8:52:17
Bertrand van der Berg – 9:15:01
Annemi Beukes – 9:34:08
Kulashe Lungile – 9:36:04
Lindsay Heathcote – 10:48:46
Marcelle Alborough – 11:13:46
Michelle van der Berg – 11:27:41





