NewsNews

Ruil ’n serp en hou so iemand warm hierdie winter

Ruil ’n serp en hou so iemand warm hierdie winter

Almal het mooi serpe in hul kas wat hulle nie gebruik nie, maar hierdie winter kan daardie serp iets vir iemand anders beteken. Nie net om warm te bly nie, maar om ook weer spesiaal te voel.
Hoe dit werk is dat jy twee mooi, skoon, netjiese serpe sal bring. Die serpe word goedgekeur vir die projek.
Jy ruil dan die twee serpe wat jy nie meer dra nie, vir een mooi serp waarvan jy hou asook ‘n geskenkbewys wat jy dan vir ‘n minderbevoorregte vrou kan gee.
Dit verseker dat daar altyd mooi serpe op die reëling sal hang wanneer jy ‘n serp kom kies.
Terselfdertyd help jy iemand wat minder het as jy om ‘n mooi serp self te kom kies vir die winter wat haar weer spesiaal sal laat voel.
Bring jou mooi serp na die Bloekom en Rooibos geskenkwinkel by die gastehuis in De Villiersstraat nr. 5, Parys. Jy kan ‘n verskil maak in iemand se lewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button