Parys doen dit weer!
Eerstes is in vir finale kragmeting/

Baie geluk aan Hoërskool Parys se eerste rugbyspan wat vroeër vandag deurgedring het na die Valke-liga finaal, na ‘n skitterende oorwinning teen Elspark op die Hoërskool Stofberg se velde. Die wentelling was 23-15
Parys se o.15’s moes egter vanoggend in die laaste minuut van die semi-finaal die knie buig voor die span van Voortrekker. Die telling was 15-12.
Die tweede span het ook hul semi-finale wedstryd in die laaste minuut verloor teen Elspark met ‘n naelskraapse telling van 20-17.
Baie geluk aan al hierdie spanne en hul afrigters met ‘n skitterende seisoen, en in besonder die eerste span vir wie die finale kragmeting nou voorlê.
Parys is trots op julle!




