Parys doen dit weer!

Eerstes is in vir finale kragmeting/

Baie geluk aan Hoërskool Parys se eerste rugbyspan wat vroeër vandag deurgedring het na die Valke-liga finaal, na ‘n skitterende oorwinning teen Elspark op die Hoërskool Stofberg se velde. Die wentelling was 23-15

Parys se o.15’s moes egter vanoggend in die laaste minuut van die semi-finaal die knie buig voor die span van Voortrekker. Die telling was 15-12.

Die tweede span het ook hul semi-finale wedstryd in die laaste minuut verloor teen Elspark met ‘n naelskraapse telling van 20-17.

Baie geluk aan al hierdie spanne en hul afrigters met ‘n skitterende seisoen, en in besonder die eerste span vir wie die finale kragmeting nou voorlê.

Parys is trots op julle!

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button