NewsNews

Top Akademiese Onderrig – ‘n Prioriteit by Hoërskool Parys

Hier langs die oewer van die Vaalrivier staan ‘n skool waar kinders nog kinders is, maar ook ‘n skool wat vir geen ander skool in die land terugstaan nie en ‘n skool vir wie die kwaliteit van onderrig ‘n top prioriteit is.

Hier langs die oewer van die Vaalrivier staan ‘n skool waar kinders nog kinders is, maar ook ‘n skool wat vir geen ander skool in die land terugstaan nie en ‘n skool vir wie die kwaliteit van onderrig ‘n top prioriteit is. Hoërskool Parys, wat al meer as ‘n 100 jaar oud is, is voorwaar dié toonaangewende plattelandse skool met ‘n uitnemende onderwyserskorps. Met ‘n gemiddeld van 27 leerlinge per klas, kan ouers verseker weet dat hulle kinders meer as net kwaliteit onderrig ontvang, maar ook dat hulle persoonlike aandag geniet – ‘n ongekende konsep vandag in Suid-Afrika. Hoërskool Parys spog met van die beste akademiese syfers in die land en ons word jaar na jaar deur die Noordwes-Universiteit genader om leerlinge te werf omdat ons leerlinge so goed presteer na skool en ons is van die min skole wie se leerlinge hulle universiteitsloopbane met groot sukses voltooi. Dit alleen spreek boekdele oor die kwaliteit van onderrig wat u kind by Hoërskool Parys sal ontvang. Ons vakkeuses is omvangryk en bied aan elke leerling die geleentheid om hulle drome en aspirasies na te streef. Die oorgrote meerderheid van ons graad 12-leerlinge verwerf jaar na jaar universiteitsvrystelling en bekwaam hulleself as onder andere dokters, prokureurs, onderwysers, rekenmeesters en in die ingenieurswese. By Hoërskool Parys word leerlinge voorberei deur onderwysers met passie en met die fokus daarop om leerlinge selfstandig en opgewasse te kry vir die akademiese realiteite na skool. Dit is daarom dat ons oor die volgende ses weke die gemeenskap en ouers bekend wil stel aan van ons passievolle en uitmuntende onderwysers, sommiges van wie selfs oor Meestersgrade in hulle vakgebied beskik. Nie baie ander skole kan daarmee spog nie. Ons spog ook met Mevrou Lindie Daniel, wat verlede jaar tydens die “National Teachers Awards” as die beste sekondêre onderwyser in Suid-Afrika aangewys is. Mevrou Daniel wat rekenaarstoepassingstegnologie aanbied, is ook nou deur die Departement van Nasionale Onderwys genomineer om Suid-Afrika by ‘n Afrika-Unie te Addis Ababa te verteenwoordig. Dit is voorwaar ‘n prestasie wat bewys dat leerlinge se akademie vir ons van die hoogste belang is. Hierdie is ‘n hoërskool wat nie net akademies goed vaar nie, maar wat akademies briljant presteer. Ons neem gereeld deel aan wiskunde en wetenskap kompetisies asook Afrikaans- en RTT-olimpiades. Die skool het verlede jaar uitstekend presteer deurdat Afrikaans die Vrystaatwenner opgelewer het en eindig ons telkemale onder van die top skole. So het ons leerlinge ook by die onlangse Minquiz Wetenskapkompetisie deelgeneem. Die skool asook Joshua van Zyl is as wenners aangewys. Joshua van Zyl neem later vanjaar aan die Nasionale Minquiz Wetenskap Kompetisie deel. Ons wil daarom ouers en die gemeenskap vriendelik nooi om ons opedag op die 25ste Julie by te woon en vir hulself die skool met ‘n hart te kom ervaar. Dit gaan ‘n dag van pret vir die leerlinge wees, maar daar sal ook geleentheid wees vir ouers om vrae te vra en duidelikheid te kry oor aspekte waaroor hulle steeds wonder. Ons vertrou dat, nadat ons gemeenskap en ouers ons opedag bygewoon het, daar geen twyfel sal wees dat Hoërskool Parys die beste keuse vir u kind is nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button