Photo GalleriesSchool

Parys is VS se top muurbal skole-span

Parys is VS se top muurbal skole-span

Hoërskool Parys se dogtersmuurbalspan het die afgelope naweek weer bewys dat hulle onder die land se top muurbal- skolespanne gereken word.
Almari Claassens, Reese Thompson, Danja van Rhyn Carla du Plessis Viljoen, Jarike du Plessis en Chenique van der Westhuizen het die span van Eunice met 5-1 gewen en daarmee kop en skouers uitgestaan as die top muurbaldogterspan in die Vrystaat.
Hulle sal nou van 19 tot 21 Julie aan die Top Schools-toernooi in Pietermaritzburg deelneem.
Die span word afgerig deur Elize Prinsloo.
Parys het in 2004, 2005 en 2007 die Top Schools-toernooi gewen en so as die land se beste muurbalspan uitgestaan. In 2018 was hul die naaswenners.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button