Photo GalleriesSchool

Parys is VS se top muurbal skole-span

Parys is VS se top muurbal skole-span

Hoërskool Parys se dogtersmuurbalspan het die afgelope naweek weer bewys dat hulle onder die land se top muurbal- skolespanne gereken word.
Almari Claassens, Reese Thompson, Danja van Rhyn Carla du Plessis Viljoen, Jarike du Plessis en Chenique van der Westhuizen het die span van Eunice met 5-1 gewen en daarmee kop en skouers uitgestaan as die top muurbaldogterspan in die Vrystaat.
Hulle sal nou van 19 tot 21 Julie aan die Top Schools-toernooi in Pietermaritzburg deelneem.
Die span word afgerig deur Elize Prinsloo.
Parys het in 2004, 2005 en 2007 die Top Schools-toernooi gewen en so as die land se beste muurbalspan uitgestaan. In 2018 was hul die naaswenners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button