NewsNews

Trots Parys – nou’s dit die semi-finaal!!!

Parys-spanne speel hul pad oop tot by semi-finaal

Hoërskool Parys het vandag (Saterdag 1 Junie) op die rugbyveld by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg geskitter waar aldrie die skool se spanne gekwalifiseer het vir ‘n plek in die semi-finale uitspeelwedstryde van die Valke-liga, en vir ‘n plek in die 2019 Virsebeker-kompetisie.

Die skool se o.15’s het Belvedere gewen  met ‘n skitterende telling van 40-7. Die tweede span wen hul wedstryd 26-0, en die eerste span skitter met 52-10 teen Hoërskool Voortrekker.

Baie geluk aan Hoërskool Parys, die spanafrigters en elke speler wat vandag Parys se naam hoog gehou het op die rugbyveld.

Parys se eerste span na ‘n baie trotse wen by die DP de Villiers-stadion.

  • Parys het verlede jaar ook tot in die semi-finaal gevorder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button