Photo GalleriesSchool

Dis maak of breek môre vir Parys by DP de Villiers

Ons hou styf duim vas Parys!

Nie minder nie as 3 rugbyspanne van Hoërskool Parys speel môre in die kwartfinaal van die  Valke Afdeling 4 liga. Die skool se 1ste span, 2de span en 0.15’s sal hul staan wys by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg.
Dit volg nadat Parys se eerstes en die o.15’s eerste geeindig het nadat hulle al hul liga verpligtinge nagekom het, en beide spanne hul ligawedstryde gewen het.
Sou enige van die drie spanne môre wen, kwalifiseer hulle vir ‘n plek in die semi-finale uitspeelwedstryde van die Valke-liga, en vir ‘n plek in die 2019 Virsebeker-kompetisie.

Dit beteken dis maak of breek môre vir Parys se rugbyspanne.
H/S Parys se eerste rugbyspan se tellings het tot duver so geluk:
Wen Afrikaanse H/S Sasolburg 63 – 0
Wen HTS Carel de Wet 13 – 12
Wen Suiderlig H/S  17 – 11
Wen Die Ankerskool 21 – 18
Kwartfinaal trekkings vir H/S Parys se spanne:
A-veld (Hoof wedstryd)  13:00   H/S Parys 1ste vs H/S Voortrekker 1ste
A-veld      08:00   H/S Parys o/15 vs Belvedere o/15
B-veld      10:10   H/S Parys 2de vs Voortrekker 2de
Maak seker jy ondersteun hierdie spanne more. Ons hou styf duim vas Parys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button