Die verrigtinge begin om 18:00 met ‘n aanbieding in die seminaarkamer langs die Sterrewag, en teen 19:30 is dit donker genoeg om deur die teleskoop te begin kyk.
Benewens al die interessanthede van die diep ruimte, sal die sekelmaan, wat vyf dae na nuwemaan vroegaand sigbaar sal wees, ook baie mooi vertoon, met die kraters wat in die skuins lig van die son lang skaduwees gooi.
Besoekers kan gerus verkykers saambring, want die groter konstellasies is daardeur beter sigbaar as in die sterk teleskope.
Die uitstappie kos R100 per persoon.
Bring warm klere en skoene saam al behoort die nagtemperature nog nie so laag te wees soos wat later in die winter verwag kan nie.
Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar.
Meld asseblief per epos aan by gerhard@deelfontein.co.za of per sms aan 083 280 9784.



