NewsNews

Oppas vir dié “huiskopers”

Oppas vir dié “huiskopers”

Niksvermoedende huisverkopers in Parys is verlede week weer met ’n n slap riem gevang toe misdadigers wat hul voordoen as voornemende “huiskopers” helder oordag die huiseienaars van juwele, selfone en ’n rekenaar besteel het.
Wees dus gewaarsku – hierdie voornemende “huiskopers” is baie netjies geklee, ry gewoonlik ook ’n duur motor en lyk op die oog af na doodgewone huiskopers.
Sodra hulle met jou toestemming in die huis is sodat jy hulle die huis kan wys, sorg hierdie “huiskopers” dat een jou besig hou, terwyl die ander “huiskyk”. Die huiskyk word dan bloot ‘n soektog na waardevolle items wat in meeste huise oop en bloot rondlê.
Wees dus versigtig wie jy in jou huis inlaat. Maak seker jou huishulp, kinders of ander familielede wat bedags tuis is, weet as jy gereël het met iemand om na jou huis te kom kyk. Moenie toelaat dat mense sonder jou teenwoordigheid deur jou huis stap nie, en bêre waardevolle items uit die oog waar dit nie maklik is om te kry of te sien nie.
Hierdie “huiskopers” is blitsig en kom slagoffers dikwels eers veel later agter wat soek is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button