NewsNews

Uitspraak eers in Julie gehoor

Uitspraak eers in Julie gehoor.

Uitspraak in die verhoor van die 6 mans van Parys wat tereg staan op klagte van moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba, sal nou eers in Julie vanjaar in die Hoë Hof in Parys gehoor word.

Die staat voer in sy saak teen Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Loedie van der Westhuizen, Cor Loggenberg en Miela Janse van Vuuren, aan dat hulle Tjixa en Jubeba na bewering sodanig sou aangerand het op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hul kort daarna aan hul beserings beswyk het. Tjixa en Jubeba is deur ‘n groep mans aangekeer na ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen (sr.) op die plaas Biesiesbult.

Regter Corné van Zyl sou vandeesweek (27 tot 31 Mei) haar uitspraak gegee het, maar het vanoggend die verrigtinge uitgestel na die week van 8-12 Julie 2019 vir uitspraak.

Sy het verduidelik dat sy nie haar uitspraak bevindinge kon voltooi nie weens die geweldige volume van rekords wat deurgewerk moet word, en die aantal kwessies wat na vore gekom het in die meer as drie jaar lange verhoor.

Regter Van Zyl het benadruk dat sy moet seker maak dat geregtigheid geskied in belang van nie net die oorledenes nie, maar ook die beskuldigdes en dat sy daarom die besluit om uitstel geneem het en glo dat al die partye dit in dié lig sal verstaan.

Sy het haar besluit reeds Sondagoggend aan die staat en verdediging se regspanne deurgegee.

Johan Myburgh en adv. Piet Pistorius tree namens Boeta van der Westhuizen op, Johan Vorster tree op vir Anton Loggenberg, adv. Dawie Reyneke verskyn vir kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg en Loedie van der Westhuizen, terwyl adv. Hennie du Plessis namens Miela Janse van Vuuren verskyn.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button