
Internasionale Tekkie Tax Dag is om die draai. Op Vrydag, 31 Mei kan jy die res van die land wys waar jou hart lê deur uit te reik na die meer as 300 welsynsorganisasies wat in 2019 sal baat by die Tekkie Tax-projek.
Kry ‘n plakker, tatoe, “badge” (R10 elk), of ‘n paar baie “cool” “Mezzz-merizing” Tekkie Tax silikon skoenveters (hickies) teen R40 per paar saam met ‘n plakker, sodat jy nooit weer jou tekkies vas of los hoef te maak nie.
Gaan loer in by Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys, of by Vrystaat Versorging in Aksie (VVA), en help so om ook ons plaaslike welsynsorganisasies te ondersteun. Die afgelope 6 jaar is met die projek alreeds R39,1 m ingesamel – broodnodige fondse vir organisasies soos verskeie DBV takke, SAVF (Suid Afrikaanse Vroue Federasie), FAMSA, LifeLine, SOS Childrens Villages, verskeie Kindersorg organisasies, Child Line SA, Epilepsie SA, Down Sindroom SA, KANSA, Pink Drive en SANCA wat vanjaar weer sal baat.
Komaan! Wees ‘n sport en laat jou “Mezzz-merize.




