NewsNews

Viering van die Koepel se 300 voëlspesies

Viering van die Koepel se 300 voëlspesies

Johan Lötter van Vredefort besoek Feathers-voëlklub tydens hul volgende byeenkoms vanaand, Donderdag, 23 Mei om 18:30 by die Sally Martin Park saal. By die geleentheid sal hy gesels oor die Koepel se 300 voëlspesies, en sal hy ook sy foto’s kom wys.
Stel jy belang in die voëls van die Koepel? Kom kuier dan saam.
Op Saterdag 25 Mei gaan die klub Kopjeskraal Country Lodge, so 10 kilometer buite Parys, besoek. Almal is welkom om saam te gaan. Die groep ontmoet in PnP se parkeerterrein vanwaar hulle om 07:00 sal vertrek.
Bring jou piekniekmandjie, verkyker en voëlboek. Nadat daar voëls gekyk is word daar eers by die Boslapa piekniek gehou.
Lidmaatskap van die klub gee lede die geleentheid om gereeld op uitstappies te gaan en om plekke in die omgewing te sien wat hul andersins nooit by sal kom nie.
Stel jy belang? Sluit Donderdagaand by die groep aan, of skakel Hansie Bekker by 056 811 4754/ 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100 vir meer inligting oor die klub en sy aktiwiteite.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button