NewsNews

In turkoois getooi, met groot bederf vir Amot se bejaardes

In turkoois getooi, met groot bederf vir Amot se bejaardes

Die wêreld se bevolking is besig om ouer te raak as vroeër, en gaan die aantal bejaardes binne die komende aantal jare aansienlik styg.
Die werklikheid is dat daar net vir ‘n klein persentasie van hierdie bejaardes plek sal wees in bejaardesorg sentrums, en ander plekke waar hulle versorg kan word.
Tans is daar net meer as 4.6 miljoen bejaardes (60+ jaar oud) in Suid Afrika, waarvan 1 miljoen bejaardes alreeds oor die ouderdom van 75 is.
Bejaardes in Suid-Afrika is ongelukkig ook onder ‘n groep wat negatief geraak word deur beperkte dienste en verswakte instellings. Verder is daar bejaardes wat beïnvloed word deur beperkte pensioenfondse en beskikbaarheid van fondse.
Die verantwoordelikheid om na ons bejaardes om te sien rus alreeds, en in die toekoms al hoe meer, op die skouers van ‘n gemeenskap.
In ‘n poging om bejaardes en bejaardesorg weer onder die aandag van die publiek te plaas en befondsing vir bejaardeversorging te kry, is daar jaarliks die Tooi Turkoois vir Bejaardes-inisiatief.
Vanjaar word die veldtog geloods van 15 Mei tot 15 Junie.
Die veldtog het die by Voortrekkermonument in Pretoria begin en is al die NHSV Tehuise by die projek betrokke.
Plaaslik sal Amot deelneem aan die projek en sal die tehuis op 14 Junie ‘n Tooi Turkoois tee by Amot om sy bejaardes te bederf met geskenkpakkies en sang. Die groot bederf word gereël deur die Hervormde gemeente Parys.
Daar sal ook tot 15 Junie turkoois strikkies gedra word, en die tehuis in turkoois getooi word om die fokus op bejaardesorg te plaas.
Hoekom nie jou steun ook vir Parys se bejaardes wys deur die strate in turkoois te tooi nie?

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button