CommunityEntertainmentNews

Mnr. Afrika-titel na Vaaldriehoek

VANDERBIJLPARK. - Jaco Paulsen (23) van Vanderbijlpark is op Saterdag 27 Junie as Suid-Afrika se Mnr. Afrika 2015 gekroon.

VANDERBIJLPARK. – Jaco Paulsen (23) van Vanderbijlpark is op Saterdag 27 Junie as Suid-Afrika se Mnr. Afrika 2015 gekroon.

Die kroning is tydens ‘n glansgeleentheid in Johannesburg gedoen. Jaco was van die begin af een van gunstelinge van die beoordelaars en het meer as net die Mnr. Afrika-titel en pryse gewen. Hy het ook die volgende afdelings gewen: Beste nasionale kostuum, beste aanddrag, beste model en beste onderhoud. Hy het ook ‘n spesiale toekenning, King of Africa, weens sy positiewe gesindheid ontvang.

Jaco beskryf homself as ‘n passievolle persoon met ‘n positiewe lewenshouding. Hy is nie net ‘n mooi gesig nie, maar bestuur ook ‘n ouditeursfirma en studeer so tussen deur die werk en modelwerk. Modelwerk is in sy bloed en hy het in 2014 die Model van die Jaar-kompetisie gewen en ‘n tweede plek behaal by die Mnr. Vaal 2014- kompetisie. Hy is baie passievol oor mense en diere. Jaco is vasbeslote dat hy sy titel gaan gebruik om terug te gee aan die plaaslike gemeenskap. Ek glo dat ek met die titel lewens kan aanraak en ‘n verandering in hulle huidige omstandighede kan meebring.

“My tema en doel vir die jaar is Verandering, sê Jaco. Die man wat nou as een van Afrika se mooistes beskou word, gaan ‘n baie besige jaar hê waar hy onder meer saam met Pageants SA en die nuwe Mej. Afrika aan verskillende projekte gaan werk. So gaan Jaco ook aan projekte wat na aan sy hart is werk en daar is reeds ‘n klomp planne vir “verandering” in die pyplyn.

Lesers kan vir Jaco op Facebook en Twitter (@Jaco_Paulsen) volg waar hulle die “verandering” saam hom kan beleef. Jaco bedank graag almal wat hom ondersteun en gelukgewens het.

Related Articles

Back to top button